Prestige-onderwysbeurs

Kliek hier om aansoek te doen

Die beurs het ten doel om ʼn top presterende Afrikaanse student uit die Pretoria FM-luisteraarskorps en Rapport-leserskorps die geleentheid te bied om sy/haar vier-jaar onderwysgraad kosteloos by Aros te voltooi, terwyl hy/sy gedurende die week reeds hul onderwyspassie as assistent by een van Pretoria se top skole kan uitleef.


110 uitnemende onderwysers toegevoeg tot Suid Afrikaanse skolestelsel

In ‘n tydperk waar die gehalte van onderwys in Suid Afrika baie sterk onder die vergrootglas kom, het Aros tydens hul jaarlikse gradeplegtigheid op Woensdagaand 14 Maart nog 110 onderwysspesialiste tot die Suid Afrikaanse onderwysstelsel bygedra.


Onderwys in jou bloed – maar watter fase?

Hoe weet jy onderwys is jou roeping? Hoe besluit ek watter fase sal my pas? Grondslagfase, Intermediêrefase of Senior en VOO? Hoe berei onderwysers leerlinge voor vir na-skoolse loopbane?


Aros verwelkom meer as 1000 onderwysstudente in 2018

Met meer as 430 nuwe eerstejaars wat verwelkom is tydens Aros se amptelike Akademiese opening, het die getal studente wat in 2018 aan hierdie unieke privaat Christelike Hoër Onderwysinstelling studeer, tot meer as ‘n duisend-eenhonderd (1100) studente toegeneem.


Aros Opedag 20 Oktober

Aros se Opedag besprekings vir Saterdag 20 Oktober 2018 is reeds gesluit. Indien jy nog wel die kampus wil besoek, maak gerus ‘n afspraak met Jaco Pretorius by e-pos jaco.pretorius@aros.ac.za of Talita Lofthouse by e-pos talita.lofthouse@aros.ac.za vir ‘n kampus toer op ‘n geleë tyd.


Wêreldklas kwaliteit onderrig by Aros

Met ‘n duisend ingeskrewe onderwys studente in 2017, kompeteer Aros nou in dieselfde klas as Suid-Afrika se beste Afrikaanse opvoedkunde universiteite. Aros se strewe is egter nie om homself net te vergelyk met Suid-Afrikaanse universiteite nie, maar om internasionaal sy merk te maak.